Kettinggebed

Ons wil begin om ʼn kettinggebed op die been te bring. Hierdie is nie ʼn “versoek blog” nie en dus kan versoeke nie hier hanteer word nie. Dit is net ʼn interkerklike gebedslys. U mag met graagte deelneem.

Doel

Die 24-uur gebedsketting word gevorm om persone se behoeftes en nood voor ons hemelse Vader op te dra. Ons het dit al terdeë in ons lewens ervaar dat gebed sake verander. (Punte vir gebed) Handelinge beskryf ʼn paar gebeurtenisse wat toon dat die Here wonders deur aanhoudende gebed doen.

  • Iets wat uitdruklike genoem moet word: Ons moet bid vir verandering volgens die wil van God en nie soos wat ons dit voorstel nie. Hier wil ons Jesus voorhou as voorbeeld in die tuin van Getsémané. Al het Jesus die mag gehad om alles op daardie oomblik tot ʼn einde te laat kom (Matt. 26:53-54), het Hy tog die volgende gebid toe Hy in die nood was: “Vader, as U tog maar hierdie beker van My wil wegneem! Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied!” (Luk. 22:42). Jesus het ook sy dissipels geleer om so te bid. “En Hy sê vir hulle: Wanneer julle bid, sê: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde” (Luk 11:2).

 

Indien u wel u naam op die weeklikse lys wil plaas en daar is reeds iemand op daardie tyd, is u meer as welkom om u naam saam met die ander persoon ʼn op te sit (hoe meer hoe beter!). Dit sal goed wees om die hele 24 uur vol te maak. Dit is waarom hierdie ʼn wêreldwye versoek is; dan is dit makliker om die gebedslys vir die volle 24 uur vol te maak, met al die lande se verskillende tydsones.

Die tye op die lys is (GMT+02:00 Suid Afrika).

Plaas u naam op die lys deur die volgende gegewens na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. te stuur:

  • Naam en van (Net u voorletters word geplaas)
  • Dag
  • Tydsduur

Opsioneel

  • Land en provinsie                                                                                      Gebedslys